Welkom by die NG Kerk se opleiding en vorming

About Us

Die NG Kerk, deur Ringe, vanuit die gemeentes lei predikante op om in die bediening te staan. Die Kuratorium in vennootskap met die onderskeie Teologiese Fakulteite van die Universiteit van Pretoria, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Stellenbosch en Hugenote Kollege, asook ander instansies span kragte saam om predikante te vorm wat leiding kan gee, prediking kan behartig, opleiding kan gee, geestelike begeleiding kan doen en die mensdom pastoraal kan versorg. Klop jou hart al vinniger en wil jou wese uitroep dat dit is waarmee jy besig wil wees, dan is jy op die regte plek. Reis deur die webtuiste en sien presies wat beskikbaar is en hoe opleiding in die NG Kerk werk. Maak so vinnig as moontlik kontak met die Kuratorium geografies naaste aan jou en geniet hierdie reis.

screenshot 2026 01 27 at 09.45.02

Hoe om in te skryf:

Jou plaaslike gemeente is die plek waar jy begin. Gemeentes nomineer kandidate vir opleiding en daarom is jou gemeente saam met jou in ‘n proses van geloofsonderskeiding. Die oomblik wat julle oortuig is dat studie moet volg kontak jy die plaaslike Kuratorium wat aan jou die nodige proses van registrasie sal verduidelik. Gelyklopend doen jy ook aansoek by die akademiese instansie waar jy beplan om te studeer. Onthou, aansoek by die Kuratorium veronderstel nie aansoek by die akademiese instansie nie. Elkeen van hierdie word apart voltooi.
Die aanvaarding en registrasie van die akademiese instansie word aan die Kuratorium gestuur. Die Kuratorium het ‘n verdere stap van deursigtigheid, deur ‘n gesprek wat die Ring met jou voer. Die Ring het die verantwoordelikheid om oorsig te hou oor predikante en ook die versekering te gee dat die predikant en gemeente waar die opleiding en vorming gaan plaasvind, wel geloofwaardig en gesond is.
Elke Kuratorium sal na inhandiging van alle dokumente bevestig dat jou registrasie in orde is en dat jy met opleiding en vorming kan voortgaan. Hierdie proses word jaarliks herhaal om seker te maak dat studente die ondersteuning ontvang wat nodig is, maar ook verantwoordbaard optree in hulle studies.
Kyk gerus na hierdie beeld om ‘n visuele uiteensetting te kry van hoe jou proses gaan lyk:

Simple Contact Form

Office Locations

Vestibulum ante ipsum primis in faucibus orci luctus et ultrices posuere cubilia Curae; Donec velit neque.

Vancouver

Howe St, Vancouver, BC VZS 2S8, Canada.
+1 12345 67890

Montreal

Henri Ave, Montreal, QB H2S 3S3, Canada
+1 12345 67890

Toronto

Kingston 584 Toronto M4L 1V3, Canada
+1 12345 67890

What Our Clients Say

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
testimonial 3
Praesent sapien massa, convallis a pellentesque nec, egestas non nisi. Vestibulum ac diam sit amet quam.
John Doe
Vancouver
testimonial 2
Praesent sapien massa, convallis a pellentesque nec, egestas non nisi. Vestibulum ac diam sit amet quam.
Jessica Smith
Toronto
testimonial circle face04
Praesent sapien massa, convallis a pellentesque nec, egestas non nisi. Vestibulum ac diam sit amet quam.
Steve Rogers
Montreal